
Delivering Retail Excellence (DRE)
Ons help om prosesse in plek te sit in kleiner besighede waar ons ons 30 jaar van kleinhandel ondervinding toepas om 'n besigheid op 'n goeie fondasie te bou.
Besoek besigheidBou verhoudings. Skep geleenthede. Groei saam.
Die Monties Besigheidsnetwerk is 'n platform waar plaaslike besighede sigbaarheid kry, waardevolle verhoudings bou en deel word van 'n groeiende gemeenskap van ouers, alumni, ondersteuners en vennote van Hoërskool Montana.

Die doel van die Monties Besigheidsnetwerk is om plaaslike besighede met die Montie-gemeenskap te verbind. Deur deel te word van die netwerk kry besighede nie net waardevolle sigbaarheid nie, maar ook geleenthede om verhoudings te bou, hul dienste bekend te stel en saam met die skoolgemeenskap te groei.
Ontmoet ander eienaars en professionele lede binne die Montie-gemeenskap.
Kry sigbaarheid, verwysings en nuwe geleenthede om jou besigheid te laat groei.
Bou langtermyn vennootskappe met ouers, alumni en ondersteuners van die skool.
Wees deel van 'n gemeenskap wat mekaar ondersteun, aanbeveel en saam sterker word.
Hoërskool Montana bemark die Monties Besigheidsnetwerk Facebook-blad aktief.
Navrae in 'n spesifieke industrie word na relevante besighede binne die netwerk verwys.
Lede se besigheidslogo's, met klikbare skakels, verskyn op Hoërskool Montana se webtuiste.
4 netwerk-ontbytgeleenthede per jaar.
Ontbyt is ingesluit vir netwerklede.
Lede mag 'n metgesel of sakevennoot saambring (metgesel se ontbyt vir eie rekening).
Alle lede se besigheidsname en kontaknommers verskyn op die jaarlikse Montie-muurkalender.
Die kalender word jaarliks aan huishoudings gestuur.
Meer as 3000 ouers en huishoudings kan jou besigheid se logo en besonderhede sien.
WhatsApp Channel met area-nuus, besigheidswenke, netwerkgeleenthede en waardevolle inligting.
Lede kry ook toegang tot ons WhatsApp Channel waar ons area-nuus, besigheidswenke, geleenthede en waardevolle inligting deel.
Lede wat maandeliks betaal, moet 'n debietorder vorm voltooi.
Sluit maandeliks aanBetalingsbewys kan saam met die registrasievorm ingedien word of per e-pos/WhatsApp gestuur word indien nodig.
Voltooi die registrasievorm hieronder om jou besigheid by die Monties Besigheidsnetwerk te registreer. Ons sal jou inligting ontvang en met jou opvolg rakende betaling, logo's en verdere besonderhede.
Lidmaatskapopsies
R150 per maand of R1500 per jaar vooruitbetaalbaar.
Maak asseblief seker dat alle besonderhede korrek ingevul word, sodat jou besigheid akkuraat op die netwerk gelys kan word.
Dankie dat jy deel word van die Monties Besigheidsnetwerk. Volg ook ons Facebook-blad vir nuus, netwerkgeleenthede en om ander besighede in die netwerk te leer ken.
Volg ons op FacebookOndersteun besighede binne die Montie-gemeenskap. Filter volgens industrie om vinnig te vind wat jy soek.

Ons help om prosesse in plek te sit in kleiner besighede waar ons ons 30 jaar van kleinhandel ondervinding toepas om 'n besigheid op 'n goeie fondasie te bou.
Besoek besigheid
Ons is 'n rekeningkundige praktyk wat 'n reeks finansiële, belasting- en adviesdienste bied, insluitend boekhou en salarisse, finansiële state, sake advies, belastingbeplanning en verwante nakoming.
Besoek besigheid
Ons help besighede om papierwerk digitaal te organiseer deur dokumente na PDF-formaat te skandeer. Só kan belangrike lêers vinnig, veilig en maklik binne sekondes opgespoor word. Ideaal vir eiendomsagente, dokters, prokureurs, finansiële praktyke en ander professionele besighede.
Besoek besigheid
Ons bied professionele ondersteuning in arbeidsreg, arbeidsverhoudinge, opvoedingsreg, nakoming, beroepsgesondheid en veiligheid, en risikobestuur. Ons help werkgewers, skole, private sekuriteitsfirmas en organisasies met praktiese regshulp, werkpleknakoming en risikobesturingsoplossings om met vertroue en duidelikheid te funksioneer.
Besoek besigheid
Ons help klein besighede, entrepreneurs en individue groei deur middel van sosiale media, handelsmerkontwikkeling, webwerwe, inhoudskepping, besigheidsondersteuning, coaching en NBI-profiele. Ons kombineer kreatiwiteit, strategie en praktiese oplossings om besighede te help om hul waarde duidelik te kommunikeer, hul unieke sterkpunte beter te verstaan en idees tot lewe te bring.
Besoek besigheid
Ons bied Shimsan Taekwondo-klasse vir kinders, tieners en volwassenes in Pretoria aan. Met klasse vanaf 4 jaar en ouer fokus ons op dissipline, selfvertroue, fokus, selfverdediging en persoonlike groei deur tradisionele Taekwondo, sparring, wapenvorme en praktiese selfverdediging.
Besoek besigheid
Ons verskaf kwaliteit motoronderdele, bykomstighede en onderhoudsprodukte vir motoriste, werkswinkels en besighede — om voertuie veilig, betroubaar en gereed vir die pad te hou.
Besoek besigheid
Payroll Needs bied akkurate en betroubare maandelikse payroll-dienste vir klein- en mediumgrootte besighede in Pretoria en Johannesburg. Hulle spesialiseer daarin om besighede te ondersteun wat nie ’n interne HR- of payroll-afdeling het nie, maar steeds payroll nodig het wat elke maand korrek, professioneel en volgens vereistes hanteer word.
Besoek besigheid
Ace Paving is ’n ervare Pretoria-gebaseerde paving- en konstruksiemaatskappy wat spesialiseer in paving, kerbing, tarwerk, betonwerk, siviele grondwerke en instandhouding vir residensiële, kommersiële en industriële projekte.
Besoek besigheid
Ysterman bied professionele staalsekuriteitsoplossings vir huise, besighede en nywerhede. Hulle spesialiseer in veiligheidshekke, staalvervaardiging, sandblaaswerk en poeierbedekking, met 'n fokus op kwaliteit en betroubaarheid.
Besoek besigheid
P&H Solutions bied professionele Payroll- en HR-dienste, outsourcing, konsultasie, sagteware-implementering en ondersteuning aan besighede. Hulle help ondernemings om hul payroll- en HR-prosesse meer doeltreffend, akkuraat en compliant te bestuur.
Besoek besigheid
Ilze Stanley is ’n finansiële beplanner by The Firebird Group met byna ’n dekade se ervaring in die finansiële bedryf. Sy is bekend vir haar kennis, aandag aan detail en passie vir mense, en help kliënte om hul finansiële behoeftes beter te verstaan en met meer sekerheid te beplan. As ’n gesinsmens bring Ilze ’n persoonlike en empatiese benadering tot finansiële advies, met ’n sterk fokus op individuele behoeftes, langtermyn-sekuriteit en vertroude kliëntverhoudings.
Besoek besigheid
CURAparent bied akademiese ondersteuning aan leerders van Graad 1 tot 12 deur SACE-geregistreerde onderwysers. Hulle spesialiseer in aanlyn en persoonlike ekstra klasse, tweetalige leeshulp en studiemetodes, met ’n fokus daarop om leerders se selfvertroue te bou en hul akademiese potensiaal te ontwikkel.
Besoek besigheid
ELI Projects lewer professionele onderhouds- en renovasiedienste vir huise, besighede en kommersiële eiendomme. Van loodgieters-, elektriese en verfwerk tot renovasies, white boxing en algemene onderhoud — ons lewer kwaliteit vakmanskap, betroubare diens en regverdige pryse.
Besoek besigheidBly op hoogte van plaaslike besighede, netwerkgeleenthede en geleenthede binne die Montie-gemeenskap.
Volg ons op FacebookKontak Chris-Mari vir meer inligting oor die Monties Besigheidsnetwerk.